Die Regspraktisynsraad van Suid-Afrika moet sy taalbeleid dat eksamens vir kandidaatprokureurs voortaan slegs in Engels afgelê mag word, binne ‘n week herroep indien
hy regstappe wil vermy.

Riaan Visser van die vakbond Solidariteit se Regsnetwerk, bestempel die raad se besluit as irrasioneel, en sê dit is sonder enige oorlegpleging met belangegroepe in die regspraktyk geneem.

Die Regspraktisynsraad voer luidens mediaberiggewing aan dat Afrikaanssprekendes onregverdig bevoordeel word, deur eksamens in Afrikaans te mag aflê.

Terwyl Solidariteit bereid is om die kwessie met die raad te bespreek, sê Visser Solidariteit behou die reg voor om tot regstappe oor te gaan, indien die raad nie sy taalbeleid teen 17 Januarie herroep nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×