Solidariteit het Maandagoggend laat weet dat hy Dis-Chem in die hof sal sien as dit moet.

Dit volg nadat dié apteekgroep nie gereageer het op Solidariteit se versoek om aan te dui of hy sy moratorium op die aanstelling en bevordering van wit mense teruggetrek het nie.

Netwerk24 berig Solidariteit het Dis-Chem op 18 Oktober ‘n sperdatum van 21 Oktober hiervoor gegee.

Doktor Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê hulle begin reeds hierdie week om die eerste regsbriewe aan Dis-Chem te beteken.

Die interne memorandum, waaroor Rosestad-nuus vroeër berig het, waarin die uitvoerende hoof van Dis-Chem, Ian Saltzman, die moratorium aan sy bestuur opgelê het, is reeds onttrek.

Die vraagstuk is nou of dit slegs die memorandum, of ook die beleid is wat teruggetrek is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×