Sommige werkers en studente van die Universiteit van die Vrystaat wend hulle nou tot die hof deur middel van die vakbond Solidariteit oor die UV se verpligte koronavirus inentingsbeleid.  Netwerk24 berig die beleid stipuleer dat toegang tot die kampus geweier kan word aan persone wat nie die Covid-19 inenting gehad het nie.  Solidariteit vra in hofstukke dat die hof die UV se beleid onregmatig verklaar en ter syde moet stel.  Persone wat minder as ‘n week vantevore negatief getoets het en diegene met mediese en godsdienstige redes sal wel kwytskelding kry en toegelaat word.  Nadine Botha van Solidariteit sê die beleid tas mense se grondwetlike reg aan en diskrimineer teen diegene wat nie die inenting gehad het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×