Die vakbond Solidariteit sê die land se kritieke tekort aan mediese dokters, asook gebrekkige fondse vir plasings, wys hoe min agting die regering vir die land se mense het.
Dié stelling deur Peirru Marx, die vakbond se netwerkkoördineerder vir die mediese sektor, kom teen die agtergrond dat meer as tweeduisend doktersposte vakant bly, aangesien sowat R2,4 miljard nodig sou wees om dit te vul.

Daar word ook berig dat die Gautengse Gesondheidsdepartement alleen ongeveer R14,3 miljoen van sy begroting aan poste vir 11 Kubaanse dokters bestee. Marx sê dit is hoog tyd dat die regering werk van die land se gesondheidsorgkrisis maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×