Die vakbond Solidariteit het met Sol-Tech se nuwe eerstejaarstudente wat hul studies afgeskop het, gaan praat.
Die vakbond glo daarin dat elke inwoner van Suid-Afrika moet bydra om die land op te bou deur sy of haar toekoms in eie hande te neem.
LEES MEER: Sol-Tech se nuwe koshuis open in Oktober
Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, sê die vakbond wil graag jongmense bystaan op hul loopbaanpad en hulpbronne beskikbaar stel wat hulle sal bemagtig. Hy sê die Sol-tech universiteit wat ambagslui oplei is ʼn goeie voorbeeld hiervan.