Die vakbond Solidariteit het die week ʼn tenderdokument gepubliseer waarin Eskom na kritieke vaardighede soek. Volgens die dokument sluit dit projekbestuurders, onderhoudsbestuurders en kundigheid om eenhede by kragstasies weer in diens te stel in. Solidariteit het die dokument gepubliseer in reaksie op die bewering van Eskom se hoof van menslike hulpbronne dat daar nie ʼn vaardigheidstekort by Eskom is nie. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, doktor Dirk Hermann, sê dit is onmoontlik om die probleem aan te pak as senior personeel by Eskom dit nie erken nie. Hy sê Eskom self, die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan en president Cyril Ramaphosa erken almal die probleem, maar die persoon wat die probleem moet aanpak doen nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×