Die vakbond Solidariteit sê dit sal nie skroom om hof toe te gaan oor die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, bekend as Bela, nie. Die vakbond het gesê die ANC-regering wil met die Bela-wetgewing ʼn ras-ideologie bevorder en Afrikaanssprekendes van hul skole vervreem. Dit volg nadat ANC- en EFF-LP’s hul meerderheid in die Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys gebruik het om dié wetsontwerp goed te keur. Die wetsontwerp is deur die DA, VF Plus en ACDP verwerp. Dié partye het aangedui dat hulle dit ook gaan beveg, veral weens foute in die openbare deelnameproses.