Solank die departement van onderwys ‘n laaste sê oor skole se taal- en toelatingsbeleid behou, bly die Wysingingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, of Bela, ‘n euwel. Johnell Prinsloo, onderwysnavorser van die Solidariteit Navorsings Instituut, het gesê Solidariteit steun versoeke van politieke partye om klousules oor taal en toelating in die wetsontwerp in geheel te skrap.

Maroela Media berig die versoeke is egter deur die Nasionale Raad vir Provinsies deur die ANC-meerderheid, afgekeur. Prinsloo sê die aanpassings aan die wet skep die indruk dat beheerliggame en ouers steeds ‘n sê het in sake soos die taal en toelatingsbeleid. Dit is nie waar nie want provinsiale onderwyshoofde behou steeds vetoreg oor die beleide. Afriforum se Alana Bailey, het gesê die finale skriftelike konsep sal bestuur word en daarna sal ‘n regs-roete bepaal word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×