Solidariteit meen die erg omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, of Bela-wetgewing, wat pas deur die parlement goedgekeur is, is ‘n oorlogsverklaring teen Afrikaanssprekende kinders. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê dit is ‘n daad van aggressie en die finale verbreking van vertroue tussen die regering en die Afrikaanse gemeenskap.

Die Bela-wet plaas die regering in beheer van skoolbeheerliggame en ‘n finale sê oor sowat 23-duisend skole se taal-en toelatingsbeleid. Afriforum beskou die wet as ‘n poging tot kulturele etniese suiwering wat die vernietiging van Afrikaanse skole moontlik sal maak. Dié burgerregte-organisasie berei hom voor vir nasionale en internasionale regsaksie teen die Bela-wet wat nou net wag om deur pres Cyril Ramaphosa onderteken te word.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×