Die vakbond Solidariteit voorspel dat niks veel gaan vererger of verbeter in die land op grondvlak na die komende verkiesing nie. Die vakbond sê dit is wel ʼn redelike sekerheid dat die ANC nie die verkiesing met ʼn oorweldigende meerderheid sal wen nie.

Die hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut, Connie Mulder, sê dit laat die weg oop vir ʼn koalisieregering. Hy sê egter dat die vakbond nie glo dat so ʼn koalisieregering aan die begin sal werk nie en dat dit dus elke Suid-Afrikaners se verantwoordelikheid bly om hulself op te hef en hul omstandighede binne hul gemeenskappe te verbeter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×