Solidariteit span nou die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting in, om uit te vind waarom die Regspraktisynsraad besluit het om Afrikaans as eksamentaal te laat vaar.

Maroela Media berig die vakbond se regsnetwerk het in Januarie verskeie skrywes hieroor aan die raad gerig. Riaan Visser, hoof van die Solidariteit-regsnetwerk, sê behalwe dat ontvangs erken is, het hulle geen reaksie van die Regspraktisynsraad gekry nie.

Solidariteit se aansoek het ten doel om inligting te bekom oor verskeie aspekte van die Raad se besluit om Afrikaans as toelatingseksamenmedium te skrap.

error: Inhoud is beskerm !!