‘n Konsepvoorstel vir ‘n verbeterde gesondheidsorgstelsel, wat die druk op die sukkelende openbare stelsel kan verlig terwyl dit toegang tot luukser private sorg kan vergroot, is deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) uitgereik.

Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser verbonde aan die SNI, is daar verskeie redes waarom die Nasionale Gesondheidsversekeringswet, wat deur president Cyril Ramaphosa onderteken is, selfs meer skadelik as Suid-Afrika se huidige gesondheidsorgstelsel sal wees.

Luidens ‘n mediaverklaring dui die SNI se konsepdokument aan hoe individue maandeliks minder sou betaal as in ʼn land onder ʼn NGV-stelsel , en ook minder verskuldig sou wees as wat die huidige stelsel van hulle sou vereis – alles terwyl beter mediese sorg in die vooruitsig gestel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×