Die vakbond Solidariteit sê die besluit deur Media24 om van sy publikasies te sluit, het ʼn ongelooflike invloed op die medialandskap van die land. Dit gaan veral ʼn impak hê op die Afrikaanse landskap.
Die hoof- uitvoerende beampte van Solidariteit, doktor Dirk Hermann, sê Solidariteit gaan met Media 24 vergader, om nie net sy lede te beskerm nie, maar ook die breë gemeenskap.