Afgevaardigdes van Solidariteit wat tans in die VSA is, het ‘n beroep op politici, kerkleiers, joernaliste en leiers van burgelike organisasies tydens ‘n politieke konferensie in Michigan gevra om groter bewustheid te doen oor gebeure in Suid-Afrika en Afrikaners. Maroela Media berig Solidariteit het politieke leiers soos die presidentskandidaat Vivek Ramaswamy, lede van die senaat en huis van verteenwoordigers oor kwessies soos korrupsie, die sentralisering van mag, die verval van infrastruktuur, plaasaanvalle-en moorde, diskriminasie teen minderheidsgroepe en die regering se anti-Westerse houding ingelig. Jaco Kleynhans, Solidariteit se hoof van internasionale skakeling het verlede week ook met belange groepe in Washington DC vergader. Solidariteit het gesê dit is belangrik om steun te werf van wetgewers en beleidmakers in die VSA. Die bewustheid van plaasaanvalle het dramaties verhoog asook die lied, “Kill the Boer” wat wyd in die VSA versprei is, het Solidariteit gesê. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×