Die vakbond Solidariteit het gister aangekondig dat indien die regering onderneem om met die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) voort te gaan, dit ‘n kostebevel in die hof teen ministers in persoon sal versoek. Solidariteit sê die regering is steeds besig om sy onrealistiese planne rondom die NGV deur te voer ten spyte van genoegsame insette van verskeie partye wat die onbekostigbaarheid en die onwerkbaarheid daarvan duidelik aantoon. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, doktor Dirk Hermann, sê die president, die minister van Finansies en die minister van Gesondheid behoort persoonlik verantwoordelik gehou te word omdat hulle die uiteindelike besluitnemers is oor die wetgewing wat die NGV moontlik maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×