Solidariteit en AfriForum word daarvan beskuldig dat hulle ‘n rassistiese, regse organisasies is wat probeer om die demokratiese aanwinste van die afgelope 30 jaar ongedaan te maak.

President Cyril Ramaphosa se kantoor meen die organisasies wil die terugkeer van apartheid sien.

Volgens die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sal dit nooit gebeur nie en hulle kan Amerika of enige ander land in die wêreld nader, die regering sal nie sy wette verander nie.

Dit volg ná Solidariteit ʼn verslag oor Suid-Afrika se rasbedeling bekend gestel het. Die organisasies beplan om die verslag aan die Amerikaanse president Donald Trump se administrasie te oorhandig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×