19 jong mans in die Oos-Kaap, is gedurende die somer-inisiasietydperk by inisiasieskole dood.
Volgens Die Burger Oos-Kaap, sê die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake, dat die oorsake van die sterftes tans ondersoek word.
Zolile Williams, LUR vir Cogta, het familielede aangemoedig om inisiasieskole te besoek, en om enige onwettige aktiwiteite by die polisie aan te meld.
Hy sê ook mense moet strafregtelike klagte indien waar dit van toepassing is.
Volgens hom is 69 mense reeds in hegtenis geneem, omdat hulle jong mans na bewering onwettig besny het, of vir ander vermoedelik strafregtelike oortredings wat met die inisiasie-proses verband hou.