ANC-werknemers betoog Maandag buite Luthuli-huis in Johannesburg oor uitstaande salarisse.

Daar was verlede maand ook ‘n protesoptrede deur die werkers oor dieselfde kwessie.

Die werknemers het aangedui dat hulle ‘n nasionale stilstand gaan implementeer.

Rosestad-nuus het op 16 September berig werknemers het toe beplan om ‘n algehele sluiting van die regerende party se kantore in álle provinsies te verseker.

Ontevrede personeellede het toe gesê die ANC het versuim om sy belofte na te kom om hul salarisse te betaal.

Mandla Qwane, wat namens ontevrede ANC-personeellede gepraat het, het gesê die meeste werkers is die voorafgaande twee maande nie betaal nie, terwyl ander glo
steeds salarisse van drie maande verskuldig is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×