Sommige grondeienaars in Limpopo is deur die minister van Openbare
Werke, Patricia de Lille, in kennis gestel dat hulle grond ingevolge die Wet op
Onteiening onteien gaan word . Dit volg na wat berig word op ‘n aansoek van
Eskom, dat hy die grond benodig om sy transmissienetwerk uit te brei.
Volgens die minister is daar tans net een hoë-spanning transmissielyn in die
streek, wat die gebied selfs meer kwesbaar maak vir probleme met
elektrisiteitstoevoer. De Lille sê talle grondeienaars het die servitute aanvaar,
en is daarvoor vergoed. Mense wat nie servitute wou aanvaar nie, het die
einde van verlede maand onteieningskennisgewings ontvang. Volgens De
Lille word alle onteiening binne die bestaande wetgewing gedoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×