Sou maatskaplike toelae-begunstigdes versuim om hul besonderhede by SASSA te verifieer, sal hul moontlik nie hul Mei-uitbetalings ontvang nie.

Dit geld slegs vir die wat met tydelike ID’s en ander vorme van identifikasie aansoek om toelae gedoen het.

Primedia berig volgens die agentskap se nasionale woordvoerder hoef mense wat geldige ID’s gebruik het, nie die verifikasie te doen nie. SASSA is besig met ‘n landwye identiteitsverifikasie- en geskiktheidsoorsigproses.

Dit is daarop gemik om die uitgesoekte groep van sowat 20 000 maatskaplike toelae-begunstigdes ‘n kans te gee om hul persoonlike besonderhede by te werk.

Volgens SASSA kan begunstigdes wat versuim het om tydens hierdie proses na vore te kom se maatskaplike toelaes opgeskort word.

error: Inhoud is beskerm !!