Met die skole wat vandag heropen in die Vrystaat het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gesê dat laerskole wel op vol kapasiteit kan begin, maar nie hoërskole nie.  In ander provinsies is talle leerlinge,veral in landelike gebiede nog nie by skole geplaas nie berig Maroela Media.  Minister Motshekga sê dat die departement deur die wet verplig word om leerders te plaas.  Motshekga het ook aangedui dat die covid-19 inenting nie verpligtend is vir kinders nie, maar dat dit beskikbaar is vir kinders ouer as 12 jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×