Inwoners van Hertzogville in die Vrystaat, wat die afgelope ses maande sonder water sit, het ‘n beroep op die regering gedoen om in te gryp.

SABC News berig dat sekere inwoners beweer dat water slegs by sekere gebiede afgelewer word. Dit laat sommige met geen toegang tot skoon drinkwater nie. Volgens Mpho Sehloho, die waarnemende munisipale bestuurder van die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit, is die pompe wat water vir die gebied onttrek het, vroeër die jaar deur ‘n brand beskadig.

Sehlolo voeg by dat die pompe deur ‘n Duitse maatskappy verskaf word en dat hulle wag vir die bestelling. Voorlopig help ‘n ander distriksmunisipaliteit met die lewering van water.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×