Meer as 670 kilometer van die Vrystaat se provinsiale paaie is tot nasionale paaie verklaar.

Dit beteken volgens Netwerk24,  toekomstige en deurlopende instandhouding en opgraderingswerk is nou Sanral se kernverantwoordelikheid.

Die versuim om padinfrastruktuur in stand te hou, het daartoe gelei dat 70% van die paaie in die Vrystaat weens haglike toestande as ‘n gevaar vir motoriste verklaar is.

Deur hierdie paaie in sy nasionale netwerk te integreer, sal Sanral ‘n meer doeltreffende en veiliger vervoerstelsel verseker wat ekonomiese groei, werkskepping en streeksontwikkeling ondersteun.

LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, sê die provinsiale regering ondersteun ten volle Sanral se volgehoue ​​belegging in die provinsie, aangesien dit broodnodige ekonomiese voordele meebring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×