Van môre af sal Suid-Afrikaners nie meer sonder ‘n visum in Ierland welkom wees nie. Gister se skielike aankondiging het talle voornemende reisigers op hol. Hoewel die nuwe vereiste reeds môre van krag word, sal mense wat voor 10 Julie ‘n vlug bespreek het, en wat voor 9 Augustus daar aanland, nié ‘n visum benodig nie.
Indien jy wel voor 10 Julie jou vlugte bespreek het, maar eers ná 9 Augustus in Ierland sou arriveer, sal jy egter vir ‘n visum aansoek moet doen. ‘n Ierse visum sal tussen R1 200 en R2 000 kos. Botswana se landsburgers sal voortaan ook ‘n visum vir Ierland benodig.