Te midde wêreldwye oproepe vir ‘n wapenstilstand tussen Israel en Hamas, het Israeliese tenks vanoggend onverpoosd voort gestu na Khan Younis in die suide van Gasa.

Amptenary van die Verenigde Nasies is onder diegene wat diep bekommerd is oor ‘n volskaalse humanitêre krisis, sou daar nie binnekort ‘n skietstilstand in die Gasastrook wees nie.

Israel het sy fokus onlangs op die suide gekeer, nadat sy aanvalle in die noorde, ongeveer 2,3 miljoen mense in die Plalestyns-beheerde enklawe ontheem het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê ’n “katastrofiese gesondheidsituasie,” is die strook se voorland, indien daar nie binnekort op ‘n stilstand-tydperk ooreengekom kan word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×