‘n Oorsigbesoek in Springfontein, in die Vrystaatse Kopanong Plaaslike Munisipaliteit, volg na klagtes van boere oor rioolstorting in ‘n plaaslike stroom.
Sello Seitlholo, adjunkminister van water en sanitasie, het met boere en verteenwoordigers van verskeie belanghebbendes vergader, om die bekommernisse wat geopper is en besoedelingsake in die plaaslike munisipaliteit te bespreek.
Alhoewel ingrypings, insluitend die gebruik van hidrostraaltegnieke om rioolverstoppings te herstel en in stand te hou ingestel is, beklemtoon hy dat waterbesoedeling ‘n bedreiging vir die lewensbestaan, gesondheid en die ekonomie is.
Volgens Seitlholo is dit nou die tyd om beslissend op te tree teen die besoedeling van waterbronne of inwoners sal ‘n ramp van titaniese proporsies in die gesig staar.