Bykans ‘n hele fase beurtkrag se krag word nou deur gewone huishoudings bespaar wat sonpanele het. Dit is volgens die databasis van die Suid-Afrikaanse Sonkragbedryfsvereniging, of Sapvia. Netwerk 24 berig daar is volgens Sapvia altesame 620,89 Megawatt se sonpanele op huise se dakke. Die probleem is egter dat daar nie groot batteryaanlegte vir die onafhanklike kragprodusente is om die duisende megawatt wat hulle opwek, te berg vir spitstye nie. Die verskil tussen dié sonkrag en die grootskaalse aanlegte wat vir kragnetwerke gebou word, is dat huishoudings deesdae amper altyd tesame met hul sonpanele wisselrigters en batterye installeer. Dit beteken dat ‘n groot deel van die krag wat in ‘n dag opgewek word, geberg word en gebruik kan word tydens spitstye saans en soggens wanneer die son nie skyn nie. Huishoudings is tans besig om soveel krag vir hulself te verskaf dat dit bykans gelyk is aan kragbesparings wat Eskom aan smelters en ander groot nywerhede opdwing wanneer sy kragstasies sukkel.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×