Die Grootspruit-sonkragaanleg in Matjhabeng, in die Vrystaat, gaan elektrisiteit opwek wat 80 000 huise van krag kan voorsien.
Die projek, van ‘n geraamde R1,4 miljard, is amptelik van stapel gestuur tydens ‘n seremonie wat in Welkom gehou is. SABC-nuus berig dat dit die weg baan vir die bou van die sonkragaanleg wat daarop gemik is om by te dra om die nasionale energiekrisis aan te spreek. Die bouwerk het reeds begin, en die aanleg sal na verwagting volgende jaar in gebruik geneem word.
Dit sal 75 Megawatt tot Eskom se nasionale netwerk bydra.
Die Uitvoerende Burgemeester van Matjhabeng Munisipaliteit, Thanduxolo Khalipa, sê hulle wil Matjhabeng Munisipaliteit omskep in die land se energiekern, waar ‘n aantal projekte wat daarop gemik is om die ekonomie aan te dryf, reeds aan die gang is.