Sonpanele word meer algemeen by Suid-Afrikaanse huise as klaviere. Maroela Media berig volgens ‘n verslag van Statistieke Suid-Afrika, of Statsa SA het sowat 2,5% huishoudings verlede jaar sonpanele gehad. Sowat 1% huishoudings het ‘n klavier gehad.
Die opname toon dat 3,3% huishoudings in 2023 sonkraggeisers gebruik het. Een uit elke drie huishoudings, sowat 30,5%, het ‘n gasstoof gehad. Sowat 77,5% Suid-Afrikaanse huishoudings het verlede jaar daagliks met beurtkrag saamgeleef terwyl 7,9% geen sonkrag-onderbrekings ervaar het nie.