Sophia Loren, doyenne van Hollywood se “goue-era,” sterk aan na ‘n suksesvolle heup-operasie.
Die Oscar-bekroonde Loren het gister in haar huis in Genève, Switzerland geval.
Sky News berig die Italiaanse silwerskerm-ikoon het ernstige frakture van die heup en femur opgedoen.
Sy het destyds teenoor nog Hollywood-supersterre, soos Cary Grant, Marlon Brando, Frank Sinatra en Paul Newman gespeel.
Loren het tot dusver twee Oscars in haar glansryke filmloopbaan ingepalm.
Sy is deur die Amerikaanse Rolprent-instituut as een van die mees uitnemende filmsterre van die 20ste eeu vereer.