Die Engelse Premierliga span West Ham United oorweeg glo om hul afrigter die trekpas te gee.

Die voormalige afrigter van Real Madrid en Spanje Julen Lopetegui loop die gevaar om sy werk te verloor na ‘n power eerste helfte van die seisoen.

Die Hammers  het nog net ses van hulle 20 wedstryde gewen en bevind hul tans in die 14de plek en sewe punte weg van die relegasie sone.

Luidens berigte was die klub reeds in kontak met Graham Potter die voormalige afrigter van Chelsea om die Spanjaard te vervang.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×