Inwoners van Soutpan, wat al gewoond is daaraan om vir weke sonder water te wees, het nou water maar inwoners kla nie water is te vuil om te drink. Die inwoners kry vir sowat ‘n uur soggens water. Van die inwoners soos die 55-jarige Dorothea Mokalaki, het aan SABC nuus gesê sy moet elke dag kilometers ver loop om 20 liter water te kry. Intussen het die woordvoerder van die Mangaung metro munisipaliteit, Qondile Khedama, gesê die metro se spanne is tans besig om die infrastruktuur vir water te herstel en toe te sien dat die water nie meer bruin is nie. Die burgemeester wil oor die algemeen die water-infrastruktuur van die stad verbeter sodat water sonder onderbrekings gelewer kan word. Die onlangse landwye bloudruppel-verslag het getoon dat Soutpan een van die twee swakste watersuiweringsaanlegte in die provinsie het met ‘n status van 23%.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×