Sover as wat die oog oor die vlakte suid van Bloemfontein kan sien, is informele wooneenhede besig om soos paddastoele op te skiet. Weens die enorme grondgebied, is
dit moeilik om te skat hoeveel mense hier oënskynlik besig is om ‘n gratis woonerf ryker te word. Terwyl hierdie grondgrypings-aksie, waarskynlik die grootste in die geskiedenis van die Vrystaat, chaoties mag klink, is dit uiters opvallend dat daar goeie en selfs gesofistikeerde organisasie hieragter sit.

Dit kom voor dat mense by sekere punte aanmeld om te registreer, waarna hulle ‘n erfnommer ontvang. Erwe met ‘n geraamde oppervlak van 50 vierkante-meter, is netjies met penne, vlaggies en toue in die veld afgebaken.

Die grootskaalse grondbesettingsaksie, wat tot gevolg het dat derduisende mense Saterdag erwe op munisipale grond naby die Rooidam in Lourierpark begin uitsit het, blyk
nou amper soos ‘n veldbrand te versprei. Hoewel Rosestad-nuus nog nie bevestiging kon kry van enige spesifieke voorvalle van ernstige gewelddadige optrede nie, het ‘n private sekuriteitskonsultant gesê, wanneer dinge so gespanne raak soos hier, is die uitbreek van geweld, ongelukkig ‘n nare waarskynlikheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×