Sowat 10 000 leerlinge in die Wes-Kaap moet nog in skole geplaas word

Die Wes-Kaapse minister van Onderwys, Debbie Schäfer, sê sowat 10 000 leerlinge in die provinsie moet nog in skole geplaas word.

Schäfer het gister verskeie skole in Mitchellsplein op die Kaapse Vlakte besoek om te bepaal of skole gereed is vir die 2021 akademiese jaar.

Schäfer sê die plasing van leerlinge word bemoeilik deur die besnoeiing van die infrastruktuurbegroting.

Die aanvang van die skooljaar is tot vandeesweek vertraag weens die tweede vlaag van Covid-19-infeksies.

Meer as ‘n miljoen leerlinge sal na verwagting vanjaar in staatskole onderrig word.

Luister na potgooie hieronder