Minstens vier skole rondom Delportshoop in die Noord-Kaap is weens ‘n maselsuitbreking by die Delportshoop Gekombineerde Skool gesluit.

Sowat 130 leerlinge, hoofsaaklik in Graad 4 en 6, word deur die uitbreking geraak, en die skole sal as voorsorgmaatreel tot Vrydag gesluit wees.

Volgens SABC News versoek Geoffrrey Van Der Merwe, departementswoordvoerder, ouers om hulle kinders by die huis te hou en te monitor. Die departement van Gesondheid is ook betrek om die uitbreking te beperk aangesien dit ander skole in die dorp kan raak.

Slegs Graad 12-leerders sal skool toe mag terugkeer om hul voorbereinde eksamen te skryf. Hy voeg by dat al vier skole ontsmet sal word en dat leerders aangemoedig word om maskers te dra.

Inentings teen masels sal volgende week gedoen word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×