Byna twee miljoen voorafbetaalde Eskommeters sal binne ses maande ophou werk teen die huidige opdateringskoers.
As Eskom teen die huidige koers voortgaan sal 1,75-miljoen elektrisiteitsmeters op 24 November ophou werk weens oordragkwessies met die STS-voorafbetaalde stelsel.
Ten einde die spertyd te haal sal Eskom daagliks 17-duisend-250 meters moet opdateer.
Tot nou toe is 54-persent van die bestaande 6.9-miljoen meters opgedateer. Munisipaliteite, wat vir 4,7-miljoen meters verantwoordelik is, sê 56-persent is reeds opgedateer. As die teiken nie bereik word nie sal meer meters omseil word en elektrisiteitsinkomste afneem.