Sowat 250 mense het die afgelope naweek vreedsaam betoog in die Swart-Maandag-beweging

Sowat 250 Vrystaaters het die afgelope naweek in Bloemfontein vreedsaam betoog in die Swart Maandag-beweging teen plaasaanvalle en -moorde.

Netwerk24 berig dat sommiges geklee in swart met wit kruise in die hand so ver soos Welkom Sondag in Bloemfontein was vir die betoging.

Die Swart Maandag-Beweging het in 2017 ontstaan en die organiseerder van die beweging in Bloemfontein, Manti Liebenberg, sê dit is belangrik om mense bewus te maak van die grusame aanvalle en moorde op die land se boere.

Sy voer verder aan dat die optog vreedsaam verloop het en die publiek was hulle goedgesind.

Luister na potgooie hieronder