Die Suid-Afrikaanse Poskantoor, of Sapo, het begin om afleggingsbriewe aan 4-duisend-700 van sy meer as 11-duisend werknemers te stuur. Netwerk 24 berig dit is minder as die sowat 6-duisend poste wat vroeër in gevaar was as deel van die herstrukturering by Sapo.

Anoosh Rooplal, sakereddingspraktisyn by Sapo sê die afleggings volg op onderhandelinge ondertoesig van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, of KVBA. Die gesprekke het op 4 Januarie begin en is op 22 Maart afgehandel. Verdere hestrukturering behels om die aantal poskantore van 1 023 na 653 te verminder. 

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×