Sowat 400 betogers van die Mangaung Service Delivery Forum het gister met ‘n betoging begin, wat na berig word vir 3 dae gaan aanhou.  Die betogers eis dat, volgens hulle, die diewe wat korrup is, in die Vrystaatse regering en Mangaung Metro, in hegtenis geneem moet word.  Die voorsitter van die Mangaung Service Delivery Forum het’n versoekskrif oorhandig aan die hoofbestuurder by die Landroshof asook aan die adjunk-direkteur van die Vervolgingsgesag.  Netwerk24 berig die forum het gedreig om na 14 dae weer terug te kom en dat daar aan hulle eise voldoen moet wees.  Luidens die versoekskrif is inwoners bekommerd oor andere die armoede, werkloosheid, bendebedrywighede en uiterse swak diens van die Munisipaliteit.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×