Sowat 4000 polisiebeamptes wat sedert 2019 aangekla is van ‘n reeks misdade, werk steeds in die polisie. Die inligting is deur die minister van polisie, Bheki Cele bekend gemaak op ‘n skriftelike vraag van die DA in die parlement. Netwerk 24 berig Okkie Terblanche, DA woordvoerder oor polisie, het aan Cele gevra om inligting te verskaf oor die 5-duisend-489 polisiebeamptes wat in die tydperk in hegtenis geneem en aangekla is, watter misdade hulle gepleeg het en hoeveel steeds in diens van die polisie is. Cele het gesê 3-duisend 981 is steeds in die polisie. Terblanche het gesê dit is ‘n skande dat vermeende misdadigers die mense van die land moet beskerm. Van die misdade waarmee die polisiebeamptes verbind word, is moord, poging tot moord, ontvoering, korrupsie, afpersing en roof by huise en ondernemings.