Sowat 700 000 Suid- Afrikaners is steeds sonder geldige dokumentasie aangesien die departement van binnelandse sake versuim het om te voldoen aan ‘n hofbevel om die geblokkeerde identiteitsdokumente vry te stel. Thandeka Chauke, hoof van die eenheid vir staatloosheid by Prokureurs vir Menseregte, het aan Newzroom Afrika gesê die departement het 90 dae gehad om aan die hofbevel te voldoen maar tot op hede het hulle nie gehoor gegee nie.
Die uitdagings wat Suid-Afrikaners sonder geldige ID’s in die gesig staar, is verreikend en verhoed hulle onder meer van baie aspekte van bankwese, registrasie van kinders en die hernuwing van noodsaaklike dokumente. Regter Elmarie van der Schyff erken die uitdagings wat die Departement van Binnelandse sake in die gesig staar met betrekking tot bedrieglike ID’s vir nie-suid-Afrikaanse burgers, sy het egter beslis dat hierdie ID’s voor of tydens die Departement se ondersoeke van hierdie voorvalle geblokkeer is en dus bona fide burgers en permanente inwoners benadeel het.