Sowat 800 000 staatsdiens-amptenare kan moontlik vandag aan landwye protesoptrede deelneem.

Netwerk24 berig lede van die vakverbonde Cosatu, Saftu en Fedusa hou vandag optogte in al nege provinsies uit protes teen die regering se eensydige loonverhoging van 3%.

Hoewel nadere besonderhede nie in hierdie stadium bekend is nie, is daar ook beplande protesoptrede vir Bloemfontein.

Daar is inderdaad beplande protes-aksies vir een of meer dorpe of stede in elk van die nege provinsies.

Reuben Maleka, woordvoerder van die Vereniging van Staatsamptenare, of VSA, het gesê daar is geen verdere ontmoetings met die staat, by die bedingingsraad of by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie op die agenda nie.

Volgens Maleka is dit juis waarom hulle met vandag se beplande massa-aksies voortgaan.

Die VSA verteenwoordig sowat 235 000 staatsdienswerkers.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×