Sowat 94 000 mense is in 2022 in die formele sektor afgelê. Verreweg die
meeste werkers, 85 000, was deeltydse werknemers. Netwerk 24 berig na die
slagting verskaf Suid-Afrika se formele sektor steeds werk aan 266 000 minder
mense as voor die Covid-19 pandemie en die inperkings wat daarop gevolg het.
Volgens Statistiek Suid-Afrika (SSA), se kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES)
het 9 968 000 mense in die vierde kwartaal van 2022 by ondernemings in die
formele sektor gewerk. Dié teenoor 10 234 000 mense in Desember 2019, die jaar
voor die pandemie. Persentasiegewys het indiensneming tussen Desember 2021
en Desember 2022 met 0,9% gedaal. Die syfers sluit nie mense in die informele
sektor, landbouwerkers of huiswerkers in nie

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×