Gesinne wat honger gaan slaap, is ‘n werklikheid in die land vir byna twee uit tien Suid-Afrikaners terwyl sowat ‘n kwart huishoudings sukkel om voldoende kos te bekostig. Volgens Statistieke Suid-Afrika se algemene huishoudelike peiling was daar ‘n goeie verbetering in die persentasie Suid-Afrikaners wat gereeld honger ly tot in 2019.

Toe het die syfer weer begin styg. In 2002 het 29,2% Suid-Afrikaners gereeld honger beleef. Dit het teen 2019 tot 11% gedaal maar teen 2023 tot 15% opgeskiet. Die kosprysinflasie in Maart wat by 14% gedraai het, is waarskynlik die rede hoekom talle Suid-Afrikaners honger ly.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×