SpaceX se massiewe Starship-ruimtetuig het in die ruimte ontplof, net minute ná dit van Texas opgestyg het.
Daily Maverick berig dit het gelei tot ʼn kort lugruimsluiting in dele van Florida.
Dit is die tweede opeenvolgende mislukking van Elon Musk se Mars-vuurpylprogram vanjaar.
Sosiale media-video’s het brandende puin in die lug bo Suid-Florida en die Bahamas gewys nadat Starship onbeheerbaar begin tol het en sy enjins afgeskakel het.
Die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) het ʼn ondersoek begin.
Starship het sewe minute na sy lansering ontplof.
SpaceX sê daar was geen giftige materiaal in die puin nie en beplan verdere toetse.