Spanje het bekendgemaak dat hy al sy atlete teen Covid-19 gaan inent

Spanje het bekendgemaak dat hy al sy atlete wat in Julie aan die Olimpiese Spele in Japan gaan deelneem vooraf teen Covid-19 gaan inent.

Die land se owerhede sê al die rolspelers het toegesien dat elkeen in die groep wat in Julie na Japan sal reis, teen die virus beskerm sal wees.

Die minister van kultuur en sport, Jose Manuel Rodriguez Uribes, sê die hele Spanje het in werklikheid saam oor die inentings besluit omdat die atlete al Spanje se inwoners in Japan gaan verteenwoordig.

Luister na potgooie hieronder