Die dodetal weens die vloedramp wat dele van oostelike en suidelike Spanje verwoes, het tot 205 gestyg.

SABC Nuus berig 50 bykomende sterftes sedert Donderdag, wat die totaal op 205 bring.

Die nooddienste voer steeds soek- en reddingsoperasies uit, en meer sterftes word verwag.

Die Valencia-regering het aangekondig dat die Valencia Kongresentrum as ‘n tydelike lykshuis gebruik sal word om slagoffers se liggame te huisves.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×