Spanning is besig om tussen die ANC en MK-party van oudpres Jacob Zuma op te laai na ‘n verwoestende staking in eThekwini oftewel Durban wat veral watervoorsiening geraak het. Netwerk 24 berig die ANC in KwaZulu-Natal het die MK-party Vrydag daarvan beskuldig dat die party en die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond, of Samwu, verantwoordelik is vir die chaos wat in eThekwini veroorsaak is en tot die vernietiging van miljoene rande se infrastruktuur gelei het.

Hulle het glo water aan inwoners, ondernemings, klinieke en hospitale op ‘n genadelose manier afgesny. Die ANC vra intussen dat die weermag in eThekwini ontplooi word om werkers te beskerm wat water-en elektrisiteitsvoorsiening herstel. Die toestand in die stad is Vrydag selfs tydens ‘n mediakonferensie van die presidensie by die Uniegeboue aangeraak toe president Ramaphosa sy kommer oor die situasie in eThekwini uitgespreek het.

Die ANC sê in ‘n verklaring die MK-lede wat die afgelope week chaos veroorsaak het, is dieselfde mense wat vir die onluste in Julie 2021 in KwaZulu-Natal verantwoordelik was. Volgens die ANC is hulle net misdadigers wat hulle as politieke aktiviste voordoen.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×