Spaza-winkeleienaars het nog net vandag om hul besighede te registreer. Die opdrag om hierdie winkels te registreer kom terwyl die land worstel met vermeende voedselbesmettings, waar meer as 20 kinders oorlede is.
Die waarnemende premier van Gauteng, Lebogang Maile, sê hulle het talle uitdagings tydens die registrasieproses in die gesig gestaar.
Van die kwessies wat ter sprake gekom het, was mense wat onvolledige dokumente ingedien het, Suid-Afrikaners wat onregmatig namens buitelanders wou registreer en ook mense wat nie vloer- en bouplanne het nie. Hy sê Gauteng het meer as 13-duisend aansoeke by sy 85 registrasiesentrums ontvang.