Gesondheidsinspeksies word hierdie week regoor Soweto spaza-winkels verwag nadat ses kinders in ‘n vermoedelike voedselvergiftigingsaak oorlede is.
Die kinders het glo verlede week versnaperinge geëet wat hulle by ’n plaaslike onderneming in Naledi gekoop het.
Die Nasionale Verbruikerskommissie het gister met sy werk in die gebied begin. Drie ongedokumenteerde buitelandse burgers is in Naledi, Soweto, gearresteer ná nakomingsinspeksies van ses spaza-winkels.
Die inspeksies is uitgevoer deur amptenare van die Nasionale Verbruikerskommissie, Johannesburg se Departement van Omgewingsgesondheid, die Departement van Binnelandse Sake en die Suid-Afrikaanse Polisiediens.